|
||||||||||||||||||||||||
Fasette waaraan die akademie aandag gee:1. Afrigting1.1 Beginners Afrigtingskursus - Beginnerskursusse sal vanaf November 2004 in verskeie streke van Boland Rugbyunie aangebied word. - Datums van gedurende Septembermaand aan klubs en skole deurgegee word. 1.2 Vlak 1 Afrigtingskursus (SARFU) - Die vlak 1 Afrigtingskursus word elke jaar op 'n gesentraliseerde basis aangebied. Aanbiedings vind plaas in Wellington en Worcester en word bygewoon deur afrigters van Laer-, Hoërskole, Klubs en Gevangenisse. - 'n Vlak 1 Afrigtingskursus was ook vanjaar vir die eerste keer aangebied vir die Sportassistente van die Department van Sport en Rekreasie, sowel as vir die Jack Abrahams-Huis spelers. Uitslae was soos volg: klubs, skole, gevangene Sport Assistente Jack Abrahams Huis slaag 26 19 12 Druip 2 6 0 Totaal 28 28 12 Slaag Persentasie 93% 76% 100% - Die aanbieding van die kursus word gedoen volgens die IRB - voorskrfte. - Toeretiese- sowel as praktiese eksamens met evaluasie vind plaas. - Provinsiale Afrigters is verantwoordelik vir die aanbied en evaluering van die kurses. 1.3 Vlak 2 Afrigtingskursus (SARFU) - Kursus behels die aanbieding van 10 verskillende modules wat oor periode van 1 jaar aangebied word. - Gespesialiseerde persone ten opsigte van bepaalde modules (rugby spesifiek / nie rugby spesifiek) is verantwoordelik vir aanbieding van kursus. 1.4 Gespesialiseerde Afrigtingsessies - Afsonderlike, gedesentraliseerde afrigtingsessies vir verskillende kompetisies waarin klubs meeding, word vir hul afrigters aangebied. - Gespesialiseerde provinsale afrigters is verantwoordelik vir aanbieding van afrigtingsessies. - Afrigtingsessies vind kwartaalliks plaas op streekbasis. 1.5 Afrigtingsklinieke - Klinieke word daagliks aangebied op aanvraag van klubs, skole en gevangenisse. 2. Elite Groepe2.1 Boland Laerskole Streek-Elite groepe: Die streek-elite struktuur is as volg: 1. Streek Elite groepe word geidentifiseer na proewe. 2. 'n Groep van 30 spelers in elke streek soos hieronder uiteengesit woord geidentifiseer: a) Boland Sentraal b) Noord Boland c) Suid Boland d) Witzenberg e) Noordwes f) Weskus 3. Spelers word reeds in Oktober van elke jaar geidentifiseer. 4. In Oktober en November van elke jaar word fiksheidstoetse en evaluering gedoen. Elke speler ontvang 'n fiksheidsprogram. 5. Spelers word dan ook blootgestel aan eenvormige vaardigheidsessies in elke streek soos bepaal deur die Boland Rugby Akademie. 6. Die ouderdomsgroepe is o/13, d.w.s na aanleiding van die Nasionale week. 7. Elke groep het 'n afrigter en in elke streek word 'n sameroeper aangestel. 8. Afrigters word elke jaar saamgetrek om die vaardigheidsessies deur kundiges deurgewerk. 9. Die hele proses word deur die Boland Rugby Akademie gemonitor en geevalueer. 10. Fiksheidesdeskundiges is betrokke by die evaluering van groepe. 11. Na afloop van die proses word 'n streek-elite dag deur die Boland Rugby Akademie gereël. Dit vind gewoonlik in Maart plaas. 12. Na afloop van die streek-elite dag word 'n Boland Elite groep vir o/13 proewe wat volg. 13. Hierdie groep word dan deur kundiges onder die hand te neem ten einde hulle op te skerp vir die o/13 proewe wat volg. 14. 'n Oefenkamp word deur die Boland Rugby Akademie gereël om die vaardighede van die spelers op te skerp. 15. Kontakpersone by die Boland Rugby Akademie is soos volg: Denver Pienaar (Hoof van die Akademie) Alridge Mercuur (Ontwikkelingsbeampte) 2.2 Boland Hoërskole Streek-Elite groepe: - Die streek-elite struktuur is as volg: Streek-elite groepe word geidentifiseer na proewe. 'n Groep van 30 spelers in elke streek soos hieronder uiteengesit word geidentifiseer. Streke: 1. Boland Sentraal 2. Noord Boland 3. Suid Boland 4. Witzenberg 5. Noordwes 6. Weskus - Spelers word reeds in Oktober van elke jaar geidentifiseer. - In Oktober en November van elke jaar word fiksheidstoetse en evaluering op spelers gedoen. Elke speler ontvang 'n fiksheidsprogram. - Spelers word dan ook blootgestel aan eenvormige vaardigheidsessies vir elke streek soos bepaal deur die Boland Rugby Akademie. - Ouderdomsgroepe is o/16 en o/18: d.w.s. na die Nasionale weke. - Elke groep het 'n afrigter en in elke streek word 'n samegroeper aangestel. - Afrigters word elke jaar saamgetrek om die vaardigheidsessies deur kundiges deur te werk. - Die hele proses word deur die Boland Rugby Akademie gemonitor en geevalueer. - Fiksheidsdeskundiges is betrokke by die evaluering van groepe. - Na afloop van die proses word 'n Streek-Elite dag deur die Boland Rugby Akademie gereël. Die vind gewoonlik in Maart plaas. - Na afloop van die Streek-elite dag word 'n Boland Elite groep van o/16 en o/18 saamgestel. - Hierdie groep word deur kundiges onder die hand geneem ten einde hulle te skerp vir die o/16 en o/18 proewe wat volg. - 'n Oefenkamp word deur die Boland Rugby Akademie gereël om die vaardighede van die spelers op te skep. - Kontakpersone by die Boland Rugby Akademie is soos volg: Denver Pienaar (Hoof van die Akademie) Lance Sendin (Ontwikkelingsbeamte) 2.3 Boland Senior Groep: - Groep van ongeveer 50 word uit alle kompetisies van die Boland Rugbyunie geidentifiseer. - Spelers word op 'n daglange oefenkamp aan fiksheidstoetse blootgestel waarna oefenprogramme aan spelers voorsien word vir hertoetsing. - Na hertoetsing word spelers verder gesif tot 'n groep van ongeveer 35 spelers. - Vaardigheid en kondisioneringsprogamme word dan aan spelers voorsien en oefeninge vind plaas vanaf November 2004 op Maandae saam met Boland Kavaliers. - Desember 2004 gaan spelers op hulle eie voort met fiksheids- en vaadigheidsprogramme, waarna spelers weer teen einde Januarie 2005 toetse moet aflê, en voortgaan met oefeninge op Maandae saam met die Boland Kavaliers. - Oefenwedstryde word teen middel Februarie 2005 vir Elite-groep spelers gereël om hulle sodoende gereed te kry om Provinsiaal te kan meeding. - Spelers gaan voort met program tot April 2005. 3. Noodhulpopleiding- Noodhulpopleiding vind op 'n deulopende basis plaas. - Standaard toepassing van noodhulp by alle klubs en skole word van toepassing gemaak. - Gehalte van noodhulppersoneel by klubs en skole sowel as kolleges / technikons te verbeter - Nuwe noodhulp toerusting word gereeld aan klubs en skole voorsien. Nasionale veiligheidsweek in samewerking met die Chris Burger / Pedro Jackson spelersfonds en SARFU vind jaarliks gedurende Maart en April plaas. 4. Administrasiekursusse- Kursusse vir administrateurs van klubs word jaarliks op streekbasis deur amptenare van SARFU aangebied. - Spesifieke kursusse wat aangebied word behels: a) Voorsitter b) Sekretaris c) Tesourier - Afsonderlike dokumentbundels vir elke kursus word aan elke klub beskikbaar gestel. 5. Sewes: Departement van sport en rekreasie/Boland Rugby AkademieJaarliks word hierdie sewes aangebied deur die Departement van sport en rekreasie en Boland Rugby Akademie. - Uitdunrondtes word eers in streekverband afgehandel nl: 1. Sentraal-Boland 2. Witzenberg 3. Suid Boland 4. Noord Boland 5. Weskus 6. Noordwes Die Boland Sewes span word saamgestel uit streke 1, 2, 3 en 4. Die Weskus Sewes span word saamgestel uit streke 5 en 6. - Alle streekspanne speel in Oktober op 'n georganiseerde basis teen mekaar wat dien as proewe vir die Boland sowel as die Weskus span. - Hierdie spanne verteenwoordig die Boland by die Wes-Kaap Spele. Hiedie jaar 2004 bied Boland dit aan. - Na afloop van hierdie spele word 'n span gekies wat aan die Nasionale SA spele deelneem. - Na afloop van hierdie spele word 'n SA spele span gekies wat oorsee aan die Statebond Spele deelneem. 6. Rubydae / Klinieke / Stop Crime Projekte6.1 Rugbydae Hierdie dae word jaarliks onder die vaandel van die Boland Rugby Akademie aangebied in samewerking met plaaslike skole en gemeenskappe. - Riebeek Kasteel Rugbydag / weke a) Ouderdomsgroepe o/11 en o/13 b) Skole van regoor die land tot in Namibië word genooi om aan hierdie week deel te neem. c) Ook afrigtingsklinieke en sessies word deur die Boland Rugby Akademie aangebied. - Worcester Mini Rugbydag a) Ouderdomsgroepe o/6, o/7 en o/9 b) Word jaarliks aangebied deur Boland Rugby Akademie in samewerking met 'n komitee. c) Hierdie dag is ook hierdie jaar geborg deur Mr Tekkie d) Daar word ook 'n span saamgestel wat aan groot rugbydae deelneem. e) Hierdie spelers kry ook blootstelling deur dat hulle voorwedstryde speel vir die Provinsiale spanne van die Boland Rugby Unie. 6.2 Afrigtingsklinieke Hierdie klinieke word deur die Boland Rugby Akademie in samewerking met Provinsiale afrigters en Provinsiale spelers by die volgende aangebied: a) Laerskole b) Hoërskole c) Klubs en d) Gevangenisse 6.3 Stop Crime Projekte a) Hierdie projekte word deur die Polisie Forums en Gemeenskapsdienste van verskillende dorpe geinisieër in samewerking met Boland Rugby Akademie. b) Hierdie projekte word jaarliks op die volgende dorpe geplaas: (i) Ashton (ii) Montagu (iii) Bonnievale (iv) Robertson (v) Paarl c) By elkeen van hierdie projekte word 'n span saamgestel wat kompeteer teen mekaar by 'n volgende dag. 7. Visfabrieke Toernooi - Weskus- Toernooi sal vanjaar vir die 15de jaar agtereenvolgens aangebied word. - Toernooi vind plaas te Velddrif Sportgronde in samewerking met die Bergrivier Munisipaliteit. - Datum van Toernooi: Vrydag 29 Oktober 2004 tot Saterdag 30 Oktober 2004 - Nasionale Visfabrieke span sal na afloop van die Toernooi bekend gemaak word. Jaarprogram - 2005Datum Aktiwiteit Uitkoms / AksiesJANUARIE 10 - 21 BEPLANNING EN - Om jaarprogram daar te stel van BEGROTING werksaamhede t.o.v. spelbevorde- ring vir alle geaffilieerdes binne BRU. 13 SA SEWES OEFENKAMP - Om plaaslike klubspelers die geleent- WEDSTRYDE heid te gee om teen topspelers te kompeteer. - Vaardighede, fiksheid en tegniek te ontwikkel. - Geleenthede te bied vir moontlike opname in SA Sewes spanne. 22 BOLAND SENIOR EN 0/21 - Die ontwikkeling van spelers se ELITE GROEPE - vaardighede. HERTOETSING - Fiksheid en kondisionering van spelers te ontwikkel. 26 WORCESTER 7'S RUGBY - Kompetisie waarbinne spelers die KAMPIOENSKAPPE geleentheid gegee word om hulle vaardighede ten toon te stel. 27 ELITE SQUADS - Uiteensetting en doel van Elite VERGADERING squads sowel as beplanning vir 2005. FEBRUARIE 02 - 10 FIKSHEID EN KONDISIONERINGS - Afrigters van klubs te bemagtig ten SESSIES VIR KLUBS einde hul beter voor te berei om fiksheid en kondisionerings sessies aan te bied. 01 - 11 HERTOETSING VAN STREEK - Hertoetsing van streek elite spelers ELITE (Hoër- en Laerskole) 14 - 25 PROEWE - BOLAND SEWES - Streke hou uitdunproewe ten einde 'n (0/19 SEUNS EN 0/16 MEISIES) Boland span te kies wat aan die Wes- Kaap Winterspele te Stellenbosch gaan deelneem. 21 - 04.03 BEGINNERSKURSUS EN MINI - Om die spel aan nuwe afrigters RUGBY KURSUS bekend te stel en persone te motiveer om af te rig. 26 BOLAND ELITE GROEP - Hierdie groep speel in 'n vriendskap- WEDSTRYD like wedstryd ten einde hul vaardig- hede ten toon te stel. 28 BOLAND FINALE PROEWE - - Finale proewe ten einde 'n Boland 7'S BOLAND SPAN 0/19 span te kies om aan die Wes-Kaap SEUNS EN 0/16 MEISIES Spele deel te neem. MAART 7 BOLAND 0/13 SEWES PROEWE - Identifisering van spelers ten einde gekies te word in 'n Boland 0/13 7's span. 7 SUPERLIGA A1 KLUBS - Afrigters: Afrigtings bespreking en afrigtings aanbieding. 10 BOLAND STREEK ELITE DAG - Alle streke in die Boland neem deel ten 0/13, 0/16, 0/18 einde 'n Boland Elite Squad vir 0/13, 0/16 en 0/18 te kies. 14 VLAK 2 AFRIGTERS - Gesentraliseerde Vlak 2 Afrigtings- kursusse vir afrigters wat reeds Vlak 1 akkreditasie behaal het. Om afrigters verder te bemagtig. 25 / 26 NASIONALE SEWES TOERNOOI - Nasionale sewes toernooi gehou te Brakpan om 'n provinsiale wenner te kry. 26 AFRIGTINGSKLINIEK - 'n Afrigtingskliniek word aangebied te Riebeek Vallei t.o.v. hul jaarlikse Toernooi. 27.03 - 01.04 SASSU NASIONALE - Dit word aangebied te Pretoria. TOERNOOI 07.03 - 15.04 VLAK 1 KURSUSSE - Gedesentraliseerde Vlak 1 kursusse in onderskeie streke aan te bied om afrigters verder te bemagtig. 30.03 - 18.04 IRB 0/19 WêRELD - Dit word aangebied te Durban. KAMPIOENSKAPPE APRIL 4 SUPERLIGA A1 KLUBS - Afrigting: Afrigtings bespreking en afrigtings aanbieding. 16 VLAK 2 AFRIGTERS - Gesentraliseerde Vlak 2 Afrigtings- kursusse vir afrigters wat reeds Vlak 1 akkreditasie behaal het. Om afrigters verder te bemagtig. 18.04 - 20.05 KLUBS / VAARDIGHEIDS- - Aanbied van vaardigheidssessies vir SESSIES klubs in onderskeie streke ten einde afrigters te bemagtig. 11 - 23 HOëRSKOLE UITDUNPROEWE - Proewe word in streekverband gehou ten einde streekspanne te kies. 13 TOP TIEN HOëRSKOLE - Afrigters - Aanbied van afrigtings- sessies / bespreking van spel- fassette en analisering van wed- stryde. 13 - 22 SONE PROEWE VIR - Proewe word in sone verband gehou LAERSKOLE ten einde sone spanne te kies. 01 - 22 UITDUNPROEWE VIR HOëR- - Skole dring in streke mee aan die uitklop- SKOLE 7'S KAMPIOENSKAP rondtes vir die Boland Hoërskole proewes. 01 - 29 ADMINISTRASIE KURSUS - Kursus om voorsitters van klubs te VIR LAERSKOLE bemagtig. 27.04 - 02.05 FNB SUPERBOWL - Dit word aangebied te Potchefstroom. 28 BOLAND HOëRSKOLE 7'S - Geleentheid aan alle skole te bied om deel te neem aan 'n Boland Hoërskole kampioenskap. Mei 03 - 31 0/19 ELITE GROEPE - 0/19 Spelers voor te berei vir die nasio- nale 0/19 toernooi. 03 - 31 STREEKPROEWE - Spelers te identifiseer ten einde streek 0/12, 0/13 spanne te kies. 4 TOP TIEN HOëRSKOLE - Afrigters - Aanbied van afrigtingssessies bespreking van spelfassette en anali- sering van wedstryde. 6 VLAK 2 AFRIGTERS - Gesentraliseerde Vlak 2 afrigtings- kursusse vir afrigters wat reeds Vlak 1 akkreditasie behaal het. Om afrigters verder te bemagtig. 9 SUPERLIGA A1 KLUBS - Afrigting: Afrigtings bespreking en afrigtings aanbieding. 10 - 12 BOLAND PROEWE - Spelers te identifiseer ten einde 'n Boland 0/12, 0/13 groep saam te stel - 60 spelers. 9 - 21 BOLAND HOëRSKOLE PROEWE - Spelers te identifiseer ten einde 'n 0/16 en 0/16 & 0/18 0/18 Bolandgroep saam te stel. 18 LAERSKOLE PROEWE - Spelers te identifiseer vir die samestelling SEMI-FINAAL (0/12 & 0/13) van 'n Boland 0/12 & 0/13 groep - 44 spelers. 18 TOP TIEN HOëRSKOLE - Afrigters - Aanbied van afrigtingssessie / bespreking van spelfassette en analisering van wedstryde. 27 VLAK 2 AFRIGTERS - Gesentraliseerde Vlak 2 afrigtings- kursusse vir afrigters wat reeds Vlak 1 akkreditasie behaal het. Om afrigters verder te bemagtig. 27 & 28 FINALE PROEWE vs WP - Dien as finale proewe ten einde 'n Boland & SWD VILLIERSDORP 0/16 & 0/18 span te kies vir die Craven- week 0/18 week en Grant Khomo 0/16 week deel te neem. 28 BOLAND vs WP - Dien as finale proewe ten einde 'n Boland 0/16 & 0/18 0/16 & 0/18 span te kies vir die Craven- week 0/18 week en Grant Khomo 0/16 week deel te neem. 03 - 28 NOODHULPKURSUSSE - Om noodhulp personeel op klubvlak op te lei en te bemagtig. 03 - 28 ADMINISTRASIEKURSUS VIR - Kursus om tesouriers van klubs te TESOURIERS bemagtig. Junie 1 TOP TIEN HOëRSKOLE - Afrigters - Aanbied van afrigtingssessies bespreking van spelfassette en analisering van wedstryde. 04.06 - 25.07 MEDIA 24 HOëRSKOLE - Hoërskole neem deel aan Media 24 kompetisie om Boland wenner te bepaal. 6 SUPERLIGA A1 KLUBS - Afrigting: Afrigtings bespreking en afrigtings aanbieding. 06 - 24 GESPESIALISEERDE - Alle afrigters te bemagtig met spesifieke AFRIGTINGSKURSUS rugby afrigting. 04 - 25 ADMINISTRASIE KURSUS VIR - Kursus om Sekretarisse van klubs op te SEKRETARISSE lei en te bemagtig. 16 - 18 SUIDELIKE TOERNOOI 0/13 - Voorbereidende wedstryde vir 0/13 OUDTSHOORN Cravenweek 17 VLAK 2 AFRIGTERS - Gesentraliseerde Vlak 2 Afrigtingskursusse vir afrigters wat reeds Vlak 1 akkreditasie behaal het. Om afrigters verder te bemagtig. 27.06 - 01.07 0/16 GRANT KHOMO WEEK - Dit word aangebied te Oos-London. 27.06 - 01.07 0/18 AKADEMIE WEEK - Nasionale 0/18 Akademieweek te Upington. JULIE 1 - 31 KLINIEKE / RUGBYDAE EN - Aanbied van klinieke en rugbydae aan skole WEKE en gevangenisse. 1 - 31 RUGBYAFRIGTING - SKOLE - Skole by te staan met afrigting ten einde hulle voor te berei vir derby's 04.07 - 08.07 0/13 CRAVENWEEK - Nasionale 0/13 Coca Cola Cravenweek te Potchefstroom. 04.07 - 08.07 CRAVENWEEK: - Cravenweek vir Spesiale skole te Pretoria. SPESIALE SKOLE 11 - 16 0/18 CRAVENWEEK - Nasionale 0/18 Coca-Cola Cravenweek te Bloemfontein. 15 VLAK 2 AFRIGTERS - Gesentraliseerde Vlak 2 afrigtingskursusse vir afrigters wat reeds Vlak 1 akkreditasie behaal het. Om afrigters verder te bemagtig. AUGUSTUS 8 - 31 SKOLE DERBY'S - Help met reëlings en bywoning van derby's regoor die Boland. 5 - 31 VISFABRIEKE TOERNOOI - Bywoning van vergaderings / reëlings vir die SA Visfabrieke Toernooi. 19 VLAK 2 AFRIGTERS - Gesentraliseerde Vlak 2 Afrigtingskursusse vir afrigters wat reeds Vlak 1 akkreditasie behaal het. Om afrigters verder te bemagtig. 1 - 29 MEDIA 24 KOMPETISIE - Afhandeling van Media 24 kompetisie vir Hoërskole. SEPTEMBER 2 - 30 AF- EN VOORSEISOENSE - Help skole / klubs met af- en voorseisoense VOORBEREIDING voorbereiding en programme. 2 - 30 BOLAND HOëRSKOLE - Hoërskole beplanning - werkswinkels vir BEPLANNING 2006. 2 - 30 BOLAND LAERSKOLE - Laerskole beplanning - werkswinkels vir BEPLANNING 2006. 16 VLAK 2 AFRIGTERS - Gesentraliseerde Vlak 2 Afrigtingskursusse vir afrigters wat reeds Vlak 1 akkreditasie behaal het. Om afrigters verder te bemagtig. OKTOBER 03 - 31 BOLAND KLUB 7'S - Daarstelling van 'n klub 7's kampioenskap ten KAMPIOENSKAPPE einde klubs geleentheid te bied om sewes te speel. 17 - 31 IDENTIFISERING VAN BOLAND - Proewe word in streke gehou om spelers te 0/13, 0/16 EN 0/18 STREEK identifiseer vir die 2005 / 2006 rugbyseisoen. ELITE SQUAD 17 - 31 FIKSHEIDSEVALUERING - - Spelers in die onderskeie streke te evalueer STREEK ELITE SQUAD t.o.v. hul fiksheid. 28 - 29 VISFABRIEKE TOERNOOI - Boland Rugby Akademie is verantwoordelik vir die administrasie en logistieke reëlings vir die jaarlikse SA Visfabrieke Toernooi. NOVEMBER 1 - 30 BEPLANNING VIR 2006 - Opstelling van 'n tentatiewe jaarprogram vir 2006. |
||